Het nuuskierige kinders ‘n voorsprong?
Nuuskierigheid, ‘n honger na kennis, ‘n ondersoekende gees – die Engelse woord curiosity word moeilik vertaal. Tap jou kind se onophoudelike vrae soms jou energie? Lees waarom jy sy of haar weetlus moet aanvuur! Vind uit wat die 3 soorte nuuskierigheid en "produktiewe frustrasie" behels, en kry wenke om ‘n nuuskierige agie te help kweek.
Neem jou eie potgooi op met Mariette
Al ooit daaraan gedink om iemand ná aan jou hart te verras met ‘n onverwagse geskenk? Luister gerus na die voorbeeld hieronder.
Julian Jansen: elke seun kort ‘n vaderfiguur
Joernalis Julian Jansen, die skrywer van ‘Seuns sonder pa’s’, beantwoord vrae oor seuns wat sonder pa’s grootword. Selfs volwasse mans het die diep behoefte aan ‘n manlike teenwoordigheid wat respek afdwing en liefde, geborgenheid en leiding kan verskaf. Julian belig die positiewe rol van mentors en “riskant leef”, en gee praktiese wenke vir enkelma’s en mans wat voel hul pa het hulle in die steek gelaat.
Mariette en Mart-Marie se ma-en-dogter hartsgesprek
Mariette en Mart-Marie gesels openhartig oor die soet en die seer van ma-en-dogterverhoudings: kommunikasiekwessies, rebelsheid, kwesbaarheid, goed genoeg wees, aanvaarding en ‘magic’. Hierdie episode word opgedra aan elke ma en dogter. (Sensitiewe inhoud: verwysing na geweld.)
Die keuse om kindervry te bly
Al meer mans en vroue besluit om nie kinders te hê nie. Wat vuur hierdie besluit aan, hoe behoort dit geneem te word, en watter gevolge kan dit hê?
Tieners en slaap: wat jy moet weet
Hoeveel slaap het tieners regtig nodig? Wat is die uitwerking van slaapdeprivasie? Is dit waar dat die skoolstelsel tieners se natuurlike slaapritme ignoreer? Lees wat navorsers vasgestel het.
My kind emigreer – hoe hanteer ek dit?
Jou hart breek aan stukke wanneer jou kind emigreer, maar jy is ook bly oor die voordele en nuwe moontlikhede. Emigrasieterapeut dr. Sulette Ferreira belig aspekte van die besluit om te emigreer, vrae wat ouers kan vra, die ervaring van broers en susters, en grootouerskap oor grense heen. Sy gee praktiese wenke wat die “konstante afskeid” kan vergemaklik en beklemtoon wedersydse gesprek en betrokkenheid.
Kry jou vreugde terug na ‘n geliefde se selfdood
Om 'n geliefde te verloor beteken nie die wond sal nooit genees nie, sê grief coach en skrywer Marlene Potgieter. Toe haar seun 11 jaar gelede sy lewe beëindig het, het haar pad van rousmart begin. Sy praat oor die skok, skaamte, woede, misplaaste skuldgevoelens, ervaring van verwerping, en hoekom rousmart nie net ‘n toestand is nie, maar ook ‘n werkwoord.
Egskeiding: vars oplossings vir die betaling van onderhoud en ouersamewerking
Hoewel versuim om onderhoud te betaal ‘n kriminele oortreding is, ontvang talle primêre versorgers nie die onderhoud wat hulle of hul kinders toekom nie. ‘n Nuwe inisiatief verhoed dat onderhoudwanbetalers voortgaan om krediet te ontvang terwyl hulle onderhoud verskuldig is – en ‘n nuwe toep help geskeide ouers om misverstande en konflik te beperk. (Hierdie artikel het in die Februarie 2023-uitgawe van ‘rooi rose’ verskyn.)
Seksuele molestering: ‘n potensieel beperkende ervaring
Seksuele molestering en verkragting is algemener as wat ons dink en die oortreders is dikwels vertrouelinge. Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg praat deernisvol oor die gepaardgaande trauma, misplaaste skaamte en skuldgevoelens, en geheimhouding. Sy verduidelik hoe seksuele misbruik in narratiewe terapie benader word: jy kán jou beperkende identiteitsverhaal herskryf. Sensitiewe inhoud, vir volwasse luisteraars bedoel.
Hoekom ‘n seun moet voel hy’t ‘n pa
Meer as 60% van die kinders in Suid-Afrika word sonder ‘n pa groot. Dan is daar seuns met pa’s wat fisiek teenwoordig is, maar op ander vlakke afwesig. In sy boek Seuns sonder pa’s ondersoek joernalis Julian Jansen die oorsake en gevolge van hierdie diep verwonding en vertel hy die verhaal van sy eie pa: die held, maar ook die skurk van hulle gesin. Julian gesels met Mariette Snyman oor sy boek, nuwe navorsing oor vaderloosheid, en praktiese en geestelike oplossings.
Raad vir ouers wat hoor hul kind is gay: hoe nou verder?
Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor die hantering van ‘n kind wat uit die kas kom, skok en skaamte, wanpersepsies rakende gay-wees, en die vrees vir verwerping en seksueel oordraagbare siektes. Sy gee raad - ook vir ouers wat ‘n geloofstryd beleef - en omlyn 7 stappe na die uiteindelike aanvaarding van ‘n kind se seksuele oriëntasie. Sensitiewe inhoud: dié gesprek is vir volwassenes bedoel.
Teenagers: understanding who they are and what they need
Do you need a manual for your teen? A book written by a psychiatrist for teens and their parents clarifies the changes in teenagers’ brains and bodies; the challenges they face; and the support they require to form a healthy identity. Dr. Terri Henderson explains how knowledge and informed choices can lessen anxiety, strengthen relationships, and ensure a better outcome for all.
My kind is gay: 12 vrae wat ouers vra
Wanneer jy hoor jou dogter is lesbies of jou seun is gay, het jy sinvolle inligting en advies nodig. Dr. Marietjie van Loggerenberg, pastorale narratiewe terapeut, bespreek navorsing oor die oorsake van homoseksualiteit, wanopvattings en die vrees vir verwerping, opbouende kommunikasie, en die geloofstryd wat gelowige ouers (en hul gay kind) mag beleef.
Sensitiewe inhoud: bespreking van onder meer seksuele oriëntasie. Dié gesprek is vir volwassenes bedoel.
Natuurlike geboorte: wanneer is dit die beste keuse?
In baie lande word ‘n natuurlike geboorte toenemend as die beste opsie vir ‘n gesonde ma met ‘n normale swangerskap beskou. Is dit veilig – en is dit gewens? Geboorte-opvoedkundige Cozette Laubser belig die voorwaardes vir en voordele van ‘n bevalling sonder mediese ingrepe, onder die oog van ‘n opgeleide vroedvrou. Sy bespreek die ideale geboorteomgewing, die geboortespan, die rol van hormone in die kraamproses, die “fetus ejection reflex” en natuurlike en farmaseutiese maniere om pyn te beheer.
Hoe om ouderdomsgepas met jou kind oor die dood te praat
Ons kan kinders nie weghou van die dood nie: hulle kom dit in rekenaarspeletjies en die media teë. Volwassenes is dalk ongemaklik met die onderwerp, maar sodra ‘n kind direk geraak word, het ons die regte woorde nodig. Alta Bence van die CHOC Childhood Cancer-stigting gee riglyne oor hoe om die dood te verduidelik, ons eie hartseer te deel, wanneer ‘n kind ‘n oorledene se liggaam moet sien, en hoe om ‘n kind met ‘n terminale siekte te begelei.
Is dit jou ideaal om ‘n supervrou te wees?
Of jy nou voltyds werk, enkellopend is, en kinders het of nie – die lewenspas is vinnig. By tye raak die eise eenvoudig net te veel. Kliniese sielkundige dr. Wilmien Human gesels eerlik oor maniere om ons balans te behou, en oor kopskuiwe wat ons kan help om ons eiesoortige, gesonde “supervrou-rol” te skep.
Afwesige pa’s en die heilsame invloed van mentors
Hoe gemaak met die groot persentasie kinders in ons land wat nie ‘n pa in die huis het nie? Jaco van Schalkwyk van The Character Company verduidelik wat dit verg om ‘n seun informeel of deur ‘n organisasie te mentor, hoekom positiewe manlike rolmodelle so nodig is, die vyf waardes wat mentorskap kan versterk, en hoe enkelma’s ondersteun kan word.
Huiswerk: slim maniere om jou kind te help
Haal die angel uit huiswerk met hierdie praktiese wenke wat jou kind se breinfunksie, ontwikkelingsvlak en behoefte aan positiewe versterking in ag neem. ‘n Kundige gee raad oor wanneer en hoe om pouses in te bou en wat om te doen as huiswerk te veel raak . Loer veral na die pret wat julle met spelling kan hê!
Verstaan hoe jou tiener se brein gerat is
Hou jou tiener se impulsiewe optrede en gretigheid om nuwe dinge uit te toets - veral in ’n groep – jou snags wakker? Daar is ‘n wetenskaplike verklaring vir tieners se avontuurlus en oopheid. Lees hoe jy jou kind kan ondersteun.