Is dit jou ideaal om ‘n supervrou te wees?
Of jy nou voltyds werk, enkellopend is, en kinders het of nie – die lewenspas is vinnig. By tye raak die druk eenvoudig net te veel. Kliniese sielkundige dr. Wilmien Human gesels eerlik oor maniere om ons balans te behou, en oor kopskuiwe wat ons kan maak om ons eiesoortige, gesonde “supervrou-rol” te skep.
In haar gesprek met Mariette gesels Wilmien oor
die groot vraag - wat ek moet doen om goed genoeg te wees
of ons die samelewing se verwagtinge blindweg moet volg
wat stilword en perspektief vir ons kan beteken
wat ons kan beheer, en wat nie
hoe om te kies waarvoor ons ja of nee sê.
In die opvolggesprek gee Wilmien raad oor wat ons kan doen as alles te veel word en depressie of uitbranding intree.
Lees hoe Wilmien ma-wees ervaar, veral tydens die Covid-pandemie, en hoe sy haar werk beleef.Hier beskryf Wilmien hoe die positiewe sielkunde ons lewenskwaliteit kan verhoog.
Kontakdetail
Dr. Wilmien Human is ‘n kliniese sielkundige met ‘n privaatpraktyk in Paarl en senior dosent aan die Universiteit van die Wes-Kaap: wilmienvs@gmail.com
Gratis SADAG-hulplyn: 0800 21 22 23, 0800 456 789 of besoek www.sadag.org
Hierdie episode is voor die Covid-19-pandemie opgeneem vir rrRADIO, die podsendingsplatform van rooi rose.
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van dr. Wilmien Human: verskaf.