How about recording your very own, private podcast episode with Mariette and presenting someone you deeply care for with this one-of-a-kind gift?

In your personal audio recording, Mariette will gently prompt you to voice the thoughts and feelings you’d like to share with a family member/s or friend/s; leave as a legacy to your children, grandchildren or godchildren; or offer as an expression of love to someone close to your heart - even if the idea initially makes you feel a little nervous.

Simply scroll down for a selection of topics you could consider, and listen to an example.

Rol gerus af vir dié inligting in Afrikaans!

Luister na ‘n voorbeeld of twee.

Just imagine the surprise when you

  • gift your beloved with a recording of your memories, what you appreciate about him or her, and your hopes for the future - a unique ‘love letter’

  • gift your children, grandchildren, nephews, nieces or godchildren with

*a recording of how you grew up - in a world probably very different from theirs

*a recording of what you value, the wisdom you’ve gained, memories you treasure, or aspects about them you cherish

*a recording about a loved one who has passed away, perhaps your own mother or father, or someone you’d like to be remembered

  • gift your parent/s or grandparent/s with a recording of treasured memories, appreciation and what you’ve learnt from them or the growth they have inspired in you

  • gift your siblings with a recording where you share precious memories and explain why each sibling is close to your heart

  • gift a mentor, confidant or someone who acted as a guiding light with a sincere tribute to their role in your life

  • gift a special group or circle of friends with a recording of shared experiences - the good and the bad – and perhaps include a warm tribute to each.

This could be a birthday, anniversary or Christmas gift, a hello across continents, or your legacy to the next generation.

Click here to listen to human development specialist Dr Melodie de Jager and Mariette discussing how you can share your heart - and your history - with those you cherish in this fast-paced world of ours. Melodie asks Mariette questions about Gift podcasts.

How this works: an all-in-one solution, with step-by-step support

Sometimes, it’s difficult to express our thoughts. Mariette, who finds great joy in interviewing people, will

  • first meet you during a relaxed free, no-obligation Whatsapp or Zoom call to talk about a possible recording, and for you to decide whether she’s a good fit

  • If you are happy to proceed - no questions asked if you’re not - Mariette will draw up a framework of questions which she’ll email to you so you can prepare for the recording, if you want to

  • record the interview with her special gear by means of a Whatsapp call (no video), setting you at ease and letting the conversation flow (usually, there are some slip-ups on both sides of the line, and a lot of laughter!)

  • edit, mix and master the interview with care so you have a recording that sounds good, which your loved one/s can listen to again and again

  • send it to you as an MP3, which you can easily share.

Cost:

The entire process following the initial obligation-free discussion - i.e. putting together the questions, recording and editing, mixing and mastering - costs R3 500 / 200 USD / 155 GBP / 185 EU (R2 000 to be paid as a deposit before the podcast is recorded, and R1 500 before the MP3 is sent.)

Timeline:

Please allow 3 - 4 weeks for the process – important to bear in mind if the recording is a gift for a birthday, Christmas or other special occasion.

Technical details:

  • The interview (25-60 minutes) will be done remotely by Whatsapp call. Important: it’s audio, not video. Mariette will guide you regarding some simple technical details, so you know exactly what to do.

  • Mariette can speak to individuals worldwide (where Whatsapp calls are not allowed, Zoom calls, audio not video, can be used.)

  • You’ll receive the completed recording as an MP3 that can be easily shared.

  • Please note: your recording will not be published on Mariette’s podcast series ‘Calm, Clear & Helpful’ and not be given any exposure on her social media. It will be your private treasure, to use as you see fit.

 

Topics you could consider:

  • Thank you, Mom or Thank you, Dad, Grandpa or Grandma, or someone else you’d love to thank

  • To my beloved: our past, our future and what I love about you

  • You’re the best thing that ever happened to me

  • From my heart to my daughter’s, granddaughter’s or goddaughter’s

  • From my heart to my son’s, grandson’s or godson’s

  • Thank you for your guidance (to a mentor, teacher or someone who’s influenced your life)

  • Challenges I’ve overcome that I hope will inspire you

  • Challenges we’ve overcome as a couple/as a family

  • A turning point in my life/our lives

  • I’m sorry …

  • I’ve never told you this …

  • The joys - and challenges - of being a mom/dad

  • The joys - and challenges - of being a grandmother/grandfather

  • Looking back at the childhood we’ve shared

  • For my grandkids: stories from my childhood

  • Memories of my parents (or someone else who has passed away)

  • Unforgettable experiences I’d like to share with you

  • My life’s work: how I see it

  • Memories from my/our travels

  • How I’d like to be remembered

  • What life has taught me

  • What I’d like my grandkids to remember

  • What I want my grandkids to know about me/our family

  • Growing older: my take

  • Never forget this

  • A special message for …

  • To my beloved …

  • I wish you knew …. 

  • How to manage life’s challenges: what I’ve learnt

  • How to manage emigrating: what I’ve learnt

  • How to manage parenthood: what I’ve learnt

Excited about making this happen?

Send Mariette an email at mariettesny@mweb.co.za or simply fill in this form.

I’m looking forward to hearing from you! - Mariette

Wil jy graag jou eie ‘potgooi’ met Mariette opneem as 'n spesiale geskenk vir iemand ná aan jou hart?

In ‘n onderhoud wat Mariette rustig met jou sal voer, sal sy jou begelei om jou gedagtes en gevoelens uit te druk om met familie en vriende te deel … as 'n nalatenskap aan jou kinders, kleinkinders of peetkinders … of as ‘n viering van jou liefde vir jou maat. (Dis normaal om aanvanklik ietwat gespanne te voel by die gedagte aan ‘n opname!)

‘n Besonderse geskenk, gegrond op een van die gespreksonderwerpe hieronder.

Luister hier na twee voorbeelde.

Dink net aan die reaksie wat dit sal uitlok

  • as jou geliefde 'n opname ontvang met jou herinneringe aan onvergeetlike gebeure, wat jy omtrent hom of haar waardeer, en jou drome vir julle toekoms - ‘n unieke ‘liefdesbrief’

  • as jou kinders, kleinkinders, niggies, nefies of peetkinders kan luister na

*'n opname van hoe jy grootgeword het – vir hulle waarskynlik 'n heel ander wêreld

* 'n opname waarin jy jou waardes met hulle deel, die wysheid wat jy verwerf het, herinneringe wat jy koester, of karaktereienskappe van elke kind of kleinkind wat jy op prys stel

*'n opname waarin jy gesels oor iemand wat reeds oorlede is - miskien jou ouers, grootouers of ‘n ander persoon wat jy graag wil hê hulle moet onthou

  • as jy jou ouer/s of grootouer/s verras met ‘n opname waarin jy herinneringe oproep, jou opregte waardering uitspreek en vertel wat jy by hulle geleer het

  • as jou broers en susters 'n opname ontvang waarin jy kosbare herinneringe deel en verduidelik hoe na elkeen jou aan die hart lê

  • as iemand wat ‘n beduidende rol as mentor of vertroueling in jou lewe gespeel het verras word deur ‘n opregte huldeblyk van jou kant

  • as ‘n vriendekring of groep waarvan jy deel is ‘n opname ontvang waarin jy gedeelde ervarings oproep  - die komiese, die soet en die suur - en vertel wat hulle vir jou beteken.

So ‘n opname kan 'n verjaardag-, herdenkings- of Kersgeskenk wees, 'n groet van kontinent tot kontinent, of jou nalatenskap aan die geslagte wat kom … en oor en oor gespeel word.

Kyk gerus na Johan Allers - radiojoernalis, TV-programmaker, skrywer en podsendingvervaardiger - se YouTube-onderhoud met Mariette: ‘Maak jou eie potgooi en meer met Mariette Snyman’

Hoe dit werk: 'n alles-in-een oplossing met stap-vir-stap ondersteuning

Soms is dit moeilik om ons gedagtes uit te druk. Mariette, wat deur die jare honderde onderhoude gevoer het en elke gesprek interessant vind,

  • sal tydens 'n ontspanne, gratis kenmekaar Whatsapp-oproep of Zoom-sessie - sonder enige verdere verpligting - met jou gesels oor ‘n moontlike opname, ook sodat jy kan besluit of jy wil voortgaan

  • indien jy vir haar die groen lig gee, vrae saamstel en vir jou e-pos, sodat jy kan voorberei as jy wil

  • die onderhoud deur middel van ‘n Whatsapp-oproep opneem (slegs oudio) terwyl sy jou op jou gemak stel en die gesprek laat vloei - daar’s gewoonlik ‘n glips of wat aan albei kante van die lyn, maar dan word daar lekker gelag en agterna word die glips uitgehaal!

  • die opname met sorg redigeer, klankgewys meng en bemeester sodat jy 'n geskenk het wat goed klink en waarna jou geliefde/s weer en weer kan luister

  • die opname as ‘n MP3 vir jou stuur, met aanwysings oor hoe om dit met ander te deel.

Koste:

Die proses wat volg op die aanvanklike geen-verpligting kenmekaar sessie - dus die saamstel van die vrae, opname, en redigering/meng/bemeestering - kos R3 500 / 193 USD / 152 GBP (R2 000 deposito betaalbaar voor die opname van die potgooi en R1 500 voordat die MP3 gestuur word).

Tydlyn:

Laat asseblief 3 - 4 weke toe vir die proses – veral belangrik indien die opname 'n geskenk is vir 'n verjaarsdag, Kersfees of ‘n ander spesiale geleentheid.

Tegniese besonderhede:

  • Die onderhoud (25-60 minute) sal met ‘n Whatsapp-oproep gedoen word - let wel: oudio, nie video nie. Mariette sal vooraf enkele eenvoudige tegniese besonderhede met jou uitklaar sodat jy presies weet wat om te doen.

  • Opnames kan gedoen word met individue in Suid-Afrika of in die buiteland. (Waar Whatsapp-oproepe nie toegelaat word nie, kan Zoom-oproepe - slegs oudio - gebruik word.)

  • Jy sal die voltooide opname as 'n MP3 ontvang.

  • Neem asseblief kennis: jou opname sal nie op Mariette se podcast-reeks ‘Calm, Clear & Helpful’ gepubliseer word nie en geen blootstelling op haar sosiale media kry nie. Dis jou private opname, om te gebruik soos jy goeddink.

Gespreksonderwerpe wat jy kan oorweeg:

  • Dankie, Pa of Dankie, Ma - of Oupa, Ouma of iemand anders wat vir jou baie beteken het

  • Vir my geliefde: ons verlede, ons toekoms en hoekom ek jou liefhet/wat ek opreg waardeer

  • Jy is die beste ding wat ooit met my gebeur het

  • Vir my dogter/kleindogter/peetkind: van my hart aan joune

  • Vir my seun/kleinseun/peetkind: van my hart aan joune

  • Jou besonderse invloed op my lewe (aan ‘n ouer, mentor of iemand anders wat leiding en liefde verskaf het)

  • Uitdagings wat ek oorkom het - ek hoop dit sal jou/julle inspireer!

  • Uitdagings wat ons as egpaar/ons as familie oorkom het

  • ‘n Keerpunt in my lewe/ons lewens wat ek graag wil deel

  • Herinneringe aan my ouers (of iemand wat nie meer daar is nie)

  • Reisherinneringe

  • Ek is jammer …

  • Ek het jou/julle nooit vertel nie …

  • Die vreugdes en uitdagings van ma-wees/pa-wees

  • Die vreugdes en uitdagings van oupa-wees/ouma-wees

  • ‘n Terugblik op ons grootwordjare en wat ek nou omtrent jou/julle waardeer

  • Vir my kleinkinders: stories uit my grootwordjare

  • Onvergeetlike ervarings wat ek met jou/julle wil deel

  • Die werk waaraan ek my lewe gewy het

  • Hoe ek graag onthou wil word

  • Dís wat die lewe my geleer het

  • Ouer word: hoe ek dit sien

  • Wat ek hoop my kinders/kleinkinders sal onthou

  • Dinge omtrent ons gesin/familie wat ek wil hê my kleinkinders moet weet

  • Moet dít nooit vergeet nie

  • 'n Spesiale boodskap vir...

  • Aan my geliefde...

  • Ek wens jy het geweet…

  • Hoe om lewensuitdagings te hanteer: wat ek geleer het

  • Hoe om emigrasie te hanteer: wat ek geleer het

  • Hoe om ouerskap te hanteer: wat ek geleer het

 

Laat die idee van so ‘n opname jou hart vinniger klop?

Stuur ‘n e-pos na mariettesny@mweb.co.za of vul hierdie vorm in.

Ek hoor graag van jou! - Mariette.