Sonja Goldberg: teleurstellings en verkeerde keuses definieer jou nie
Waar vind jy hoop wanneer die golwe van die lewe jou wil verswelg? Pastoor, skrywer, omroeper, spelterapeut en berader Sonja Goldberg vertel hoe struikelblokke soos ernstige gesondheidsuitdagings, die dood van geliefdes, armoede, eensaamheid en ‘n egskeiding eindelik tóg haar geloof gevoed het - en hoe haar droom om pastoor te word ná 49 jaar bewaarheid is. Inhoud geborg.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Sonja en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 197 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat pastoor, skrywer, omroeper, spelterapeut en berader Sonja Goldberg oor
Sonja se hunkering om voltyds in die bediening te staan, wat eers nie vir vroue beskore was nie
die uitwerking van sandterapie-intervensies as deel van berading
haar grootwordjare in Upington
molestering en vergifnis
egskeiding, skaamte, veroordeling, geloofsworsteling en die proses van heling
die seer en gevolge van finansiële probleme
drie maande in die hospitaal: lesse en engele
die kind wat Sonja amper verloor het
isolasie - en vriendinne
hoe gebed jou kan dra
sonskade en Jesaja
Sonja se tweede huwelik
die skryf van die 3 oordenkingsboeke
of ‘n mens vreesloos kan leef
hoekom stiltetyd so belangrik is
die rol van humor in ons lewens.
Rol af vir meer inligting oor Sonja en haar boeke.
Lees ook ‘n artikel waarin Sonja 8 persoonlike vrae beantwoord, met foto’s.
Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis en Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis (LUCA Christelike Boeke by LAPA) is beskikbaar by Bargain Books, Exclusive Books, CUM, Graffiti, PNA en aanlyn by LUCA - ook beskikbaar as ‘n e-boek.
Meer oor Sonja, insluitend haar kontakbesonderhede
Sonja Goldberg, vir meer as 40 jaar ‘n grondslagfase onderwyseres in hoofstroomonderwys en onderwys vir kinders met spesiale behoeftes, het ná aftrede Teologie studeer en is vandag Geestelike Leier by die Familiekerk Bottelary, Brackenfell, in Kaapstad. Sy tree ook op as spelterapeut (spesifiek sandterapie-intervensies), berader en spreker.
Sonja is die skrywer van 3 oordenkingsboeke:
Leef jou nuwe lied (NB Uitgewers), geskryf saam met haar suster, Elsa Winckler
Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis (LUCA)
Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis (LUCA).
Sonja skryf graag oordenkings vir radio (rol af vir meer besonderhede) asook stukkies vir die YouVersion Bybel-toep.
Webwerf: https://sonjagoldberg.co.za/
E-posadres: sonja@sonjagoldberg.co.za
Facebook: Sonja Goldberg
LinkedIn: Sonja Goldberg
Instagram: goldbergsonja
Foto: Carli Barnard Photography & Designs
Luister Dinsdae, Woensdae en Donderdae om 6.00 na Sonja en Eddie Goldberg op Kaapse Kansel.
Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!
Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van Sonja Goldberg met blou sjaal: Carli Barnard Photography & Designs