Riette Rust: liefde, selfdood, verantwoordelikheid en vergifnis

Is selfdood selfsugtig? Kan naasbestaandes voorkom dat iemand hul eie lewe neem? Riette Rust praat oor haar man, JD, se selfdood, die stigma wat aan selfdood kleef, die hoe en hoekoms, die rouproses - en dat dit moontlik is om weer op te staan en opreg gelukkig te wees.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Riette en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 176 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels skrywer, spreker en joernalis Riette Rust oor

  • haar jongste boek oor haar man, JD, se selfdood en wetenskaplike feite oor trauma en rou

  • groot uitdagings, insluitend ‘n pa met alkoholisme, ‘n onbeplande swangerskap en depressie

  • of die skryf van Die geskenk: Liefde, selfdood en dieper leef haar getraumatiseer het

  • die omvang van die selfdoodprobleem in Suid-Afrika

  • haar eerstehandse ervaring van die stigma wat aan selfdood kleef

  • taalgebruik wat dié stigma kan verminder

  • die hoe en hoekoms van selfdood, insluitend die effek van depressie, finansiële druk, werkverlies en die grensoorlog

  • JD se opehart-operasie, beroerte en afdanking

  • of selfdood naasbestaandes se “skuld” is

  • woede en verligting as normale reaksies op selfdood

  • of selfdood selfsugtig is

  • selfdood as ‘n “desperate en menslike reaksie op intense pyn, dikwels geestelike pyn”

  • of Riette JD moes vergewe omdat hy sy lewe geneem het

  • die verband tussen koesterende liefde en selfdood

  • die liefde wat Riette gevind het ná haar rouproses voltooi is, en sy tragiese dood

  • haar lewe as enkellopende en die moontlikheid van nuwe liefde.

In hierdie episode noem Riette SADAG, The South African Depression & Anxiety Group en Kevin Caruso van Suicide.org.

Rol af vir meer inligting oor Riette en haar boekDie geskenk: Liefde, selfdood en dieper leef.’

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Hier skryf Riette oor gogo-wees, ‘n skoon denklyn en ‘n treintjiekoek.

voorblad-die-geskenk-deur-riette-rust

Die geskenk  ̶  Liefde, selfdood en dieper leef deur Riette Rust (Tafelberg, 2024) is beskikbaar by Exclusive Books en ander goeie boekwinkels asook aanlyn by Takealot en Loot.

Meer oor Riette:

Riette Rust is ‘n skrywer, spreker, bekroonde vryskutjoernalis en boekresensent van Kaapstad. Sy het twee TV-draaiboeke geskryf, verskyn gereeld op TV en neem aan regstreekse radio-onderhoude deel. Sy is ’n lid van die SA Brandewyngilde, wat haar vir haar joernalistieke bydrae tot die brandewynbedryf vereer het.

Sy het onlangs Sielkunde 1 tot 3 deur Unisa gestudeer.

Die geskenk  ̶  Liefde, selfdood en dieper leef is Riette se sesde boek.

E-posadres: rietterust06@gmail.com

Webwerf: https://www.rietterust.co.za/

Facebook: Riette Rust

Weet jy hoe om met ‘n kind oor die dood te praat? Hier is praktiese raad.

Here social worker Annette de la Porte honours her beloved husband, André, and shares how she has been coping with his suicide.

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Unsplash

Foto van Riette Rust: verskaf

Previous
Previous

Ben Gioia: facing death, personal evolution, and writing bestsellers fast

Next
Next

Die glans van mode en skoonheid - en gewone vreugdes