Verstaan die sterwensproses: 13 dinge wat jy dalk nie weet nie

Min mense sterf tuis en ons weet nie noodwendig hoe dit gebeur nie. Was jy al by in die tyd kort voor iemand se dood? Watter fisieke veranderinge vind plaas, hoe lank duur die proses, en wat kan jy te wagte wees?

Kennis is mag; dit verdryf die vrees vir die onbekende. As jy min ervaring het van die dood, kan hierdie 13 dinge jou moontlik help:

  1. Die liggaam volg ’n natuurlike proses as voorbereiding om die siel te laat gaan. Ons kan gerus wees dat die liggaam “weet wat om te doen” en die proses vertrou.


  2. Die sterwensproses kan ure of dae lank duur. Niemand kan presies voorspel wanneer die laaste oomblik gaan aanbreek nie, selfs as die tipiese tekens dat die persoon se lewe op ’n einde is daar is.


  3. Daar is twee sterffases: die eerste, kliniese dood, vind plaas wanneer die persoon se hart ophou klop. Ongeveer vier tot ses minute later begin die breinselle weens die verlies aan suurstof sterf, en dan vind biologiese dood plaas. Opwekking (resuscitation) is slegs moontlik tydens die kliniese fase.


  4. ’n Sterwende wil dikwels min of geen voedsel of vloeistof inneem nie. Die liggaam het dit nie meer nodig nie. Stukkies ys in die mond kan verfrissend wees, of die lippe of voorkop kan met ’n klam lappie afgevee word.


  5. Die hande, arms, bene en voete mag toenemend koud voel wanneer hulle aangeraak word. Die velkleur mag ook verander. Die persoon moet met sagte komberse warm gehou word. Soms kan die persoon se normale liggaamstemperatuur egter styg pleks van om te daal.


  6. Die persoon kan meer slaap, minder reageer of kommunikeer, en moeilik wakker gemaak word.

hannah-domsic-2_gJeve_CBY-unsplash.jpg



7. Die persoon mag verward raak en nie weet waar hulle is of watter tyd van die dag dit is nie. Praat normaal maar duidelik. Jy kan jouself identifiseer wanneer jy begin praat.

Here are questions that will help you talk to a loved one about death - and discover what your own views are.


8. Wanneer iemand besig is om te sterf, verlaag die bloeddruk en word minder suurstof na die organe vervoer. Die liggaam reageer hierop deur na asem te snak in ’n poging om die asemhalingstempo te herstel. Dit kan omstanders ontstel, maar is normaal.

9. ’n Gebrek aan suurstof mag ook rusteloosheid veroorsaak. Sommige sterwendes pluk aan die lakens of hul klere. Praat kalmerend met so iemand, speel sagte musiek, lees iets voor of masseer die persoon se voorkop liggies.

10. Hoewel dit nie wetenskaplik bewys is nie, word daar wyd aanvaar dat die gehoor die laaste sintuig is om te gaan. Daarom is dit wys om tot op die einde op ’n positiewe, liefdevolle manier met die sterwende te bly praat.


Weet jy hoe om met ‘n kind oor die dood te praat? Hier is praktiese raad.


11. Veranderinge in asemhaling dui dikwels aan dat die dood voor die deur is. Moenie bekommer wanneer die persoon 15 tot 20 sekondes lank ophou asemhaal, roggelgeluide maak of vinnig en vlak asem haal nie.

12. Wanneer iemand sterf, beheer die brein beheer nie meer die spiere in die blaasnek of ringspier nie. Sodra die spiere ontspan, kan die persoon urineer of ’n stoelgang hê.

13. Hoewel die liggaam dood is, kan sekere dele nog aktief wees. Lewendige bakterieë, veral in die dermkanaal, speel ’n rol in die ontbindingsproses en veroorsaak die sogenaamde “doodsreuk”.



Bronne: www.crossroadshospice.com en www.everydayhealth.com

Let wel: Hierdie artikel is oorspronklik geskryf vir www.rooirose.co.za

Foto’s: Unsplash



Previous
Previous

Hanteer kommunikasie en konflik só vir ‘n beter verhouding

Next
Next

Hoe benader ons transgender kinders en volwassenes met empatie?