Só kan jy meer kreatief leef

Kan dit wees dat élkeen van ons kreatief is en ons skeppendheid deur speelsheid kan herontdek? RSG-programbestuurder en kreatiwiteitsafrigter Kobus Burger verduidelik hoe om struikelblokke in ons pad te systap, vergete drome te herwin, en op moontlikheidsdenke te fokus. Hy gee praktiese wenke om kreatiwiteit maklik en vinnig in ons lewens in te sluit.   

kobus-burger-programbestuurder-rsg

Kobus Burger

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Kobus en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.


In episode 102 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels Kobus oor

  • sy kleintydliefde vir radio

  • ‘n balletklas op die lug(!)

  • Kobus se reis met kulkuns

  • wat kreatiwiteit is

  • die krag van moontlikheidsdenke en speelsheid

  • die vryheid om foute te maak

  • hoe om onnodige, beperkende sienings van jouself - soos dat jy nie kan teken nie - te herevalueer

  • vyande van kreatiwiteit, byvoorbeeld angstigheid

  • hoe om jou “visdammetjie” vol te maak

  • “Wild With Words”: skielik raak gedigte en digkuns toeganklik!

  • die brugboutegniek wat ‘n bedryf, ‘n produk of enigiets anders nuwe lewe kan gee

  • hoe om verborge drome ter herwin

  • hulpbronne vir mense wat hul kreatiwiteit wil herontdek

  • Kobus se 3 beste wenke oor hoe om kreatiwiteit in ons daaglikse lewe in te bou. 

In dié episode noem Kobus The Artist’s Way deur Julia Cameron, Big Magic deur Elizabeth Gilbert, die boeke van dr. Eric Maisel, The Art of Possibility deur Benjamin Zander, en Zentangles.

En dan is daar die eendjie ...

Kom meer oor Kobus te wete: hier beantwoord hy 8 vrae.

Een van Kobus se Zentangles


Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Kobus en Mariette tydens die opname

Meer oor Kobus

Kobus Burger van Johannesburg is RSG se programbestuurder en skepper van die bekroonde RSG Kunstefees en later RSG Skatkis. Hy is ‘n internasionaal-gekwalifiseerde kreatiwiteitsafrigter en die aanbieder van kreatiwiteitslypskole, praatjies en The Artist’s Way.

Kobus was voorheen kunsredakteur van Beeld, voorsitter van die Absa KKNK se Kunstekabinet asook die fees se programbestuurder, en deeltydse lektor in joernalistiek aan die Universiteite van Johannesburg en Pretoria.

Sy debuut-drama, Mara wie?, is met ‘n ATKV Mediaveertjie bekroon.

Kobus is ‘n opgeleide asemhalingsterapeut wat individuele sessies aanbied.

Hy het ‘n diploma in kulkuns en sy jongste innovering is “Wild With Words”.

Kontakbesonderhede

E-pos: kburger@afrihost.co.za

Webblaaie:

http://creativitycoaching.blogspot.com

http://breathworksa.blogspot.com/

Facebook: BreathingSA

Die weeklikse podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is beskikbaar op Spotify, Apple Podcasts, Pocket Casts, Player FM en Iono.fm. Gee dit gerus ‘n punt of rating!

Discover how challenge, skill and ecstasy come together in the flow state which most people happily slip into at some stage or another.

 

Musiek deur Mart-Marie Snyman

Foto: Unsplash

Hooffoto van Kobus Burger: verskaf

Previous
Previous

Micro-mastermind groups: the how and why

Next
Next

Stretching your comfort zone: insights and advice