Gielie Hoffmann: kortkuns, speelsheid, melancholie en of die lewe lukraak gebeur
Wat is die verband tussen beheer oor ons lewens, terugstaan en verwondering? Bestuurskonsultant en skrywer Gielie Hoffmann gesels oor uitbranding op ‘n jong ouderdom, ‘n dapper loopbaanskuif, die kerk en geloof, wat ons vashouplek kan gee, groot voete - en of sy nuwe boek hom kwesbaar laat.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Gielie en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 204 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, beantwoord bestuurskonsultant en skrywer Gielie Hoffman vrae oor
sy kinderjare en fyn waarnemingsvermoë
uitbranding op ‘n jong ouderdom en ‘n groot geskenk van sy ma
die ‘geheim’ van veerkragtigheid
die rol van intuïsie of instink
sinchronisiteite en of die lewe lukraak gebeur
‘inzoom en uitzoom’
die onsienlike en spiritualiteit
geloof, die kerk en Gielie se voorkeur vir tradisionele rituele gekombineer met liberale teologie
humor en speelsheid
woorde en skryf, in Afrikaans of Engels
intieme gesprekke aangevuur deur Naam Van Dier Dorp
7 verrassingsfrases waarop Gielie in die oomblik moet reager.
Rol af vir meer inligting oor Gielie en sy nuwe boek, ‘Naam Van Dier Dorp’.
Naam Van Dier Dorp deur Gielie Hoffmann (2024) is beskikbaar by https://www.gieliehoffmann.co.za/products
Klik gerus op “Home” en ontdek die groot verskeidenheid gratis artikels en potgooie oor inniger liefdesverhoudings, ouerskapkwessies wat pla, beter emosionele gesondheid en hoe om verskeie uitdagings aan te pak - of gebruik die Soekfunksie (soek in Engels of Afrikaans).
Meer oor Gielie
Gielie Hoffmann is ‘n bestuurskonsultant en skrywer wat hom onder meer op leierskapsontwikkeling en sportsielkunde toespits en met spanne, groepe en individue in die korporatiewe wêreld werk. Hy is verbonde aan die Universiteit van Pretoria en ‘n voormalige onderwyser wat steeds in die onderwysomgewing werk.
E-posadres: gielie@gieliehoffmann.co.za
Webwerf: https://www.gieliehoffmann.co.za/
Naam Van Dier Dorp is hier te kry: https://www.gieliehoffmann.co.za/products
Facebook: Gielie Hoffmann
Instagram: Gielie Hoffmann
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Generiese foto: Unsplash
Foto’s van Gielie Hoffmann: verskaf