Wabi-Sabi en hoe om ’n pandemie emosioneel te oorleef
Tydens grendeltyd het die digter Carina van der Walt, ver van haar land en mense, die “skoonheid van verval” ontdek. Dié manier van kyk, vergestalt in die Japannese lewenshouding Wabi-Sabi, het haar aangespoor om foto’s te neem van die eenvoudige gawes van haar tuin en kombuis en om dit vars te interpreteer. Carina deel haar insigte én vertel van ’n tweede liefde, tuine, blomsimboliek, en die betekenis van kruie en vrugte wat in ’n bak op ’n kombuistafel verdroog. Inhoud geborg.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Carina en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 63 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels Carina oor
die twee groot krisistye in haar lewe
weduwee-wees, enkelouerskap en die ontvouing van ’n nuwe liefde met die verskyning van ‘n krulkopman
’n definisie van die ontwykende Japannese lewenshouding, Wabi-Sabi
die verband tussen die “skoonheid van verval” en die eensaamheid eie aan die pandemie
hoe die spirituele identiteit van jongmense vandag van dié van die ouer geslag verskil
die simboliek van die tuine in Carina se lewe - ook Keukenhof, die “tuin van ontmoeting”
wat sy in grendeltyd geleer het uit waarnemings van drie soorte blomme: die malva, pioenroos en rododenron
hoe die grense van ’n kombuis na die heelal kan verskuif: die dieper betekenis van ’n stukkie gemmer wat uitloop, ’n ingedroogte rooi rissie en ’n verskrompelde lemmetjie
prettige verskille tussen Afrikaanse en Nederlandse benamings
hoe die vind en deel van onwaarskynlike skoonheid ons emosioneel kan help oorleef.
In dié episode noem Carina Wabi-Sabi for Artists, Designers, Poets & Philosophers deur Leonard Koren.
Foto’s wat met die potgooi verband hou:
Gawes uit Carina se tuin
Gawes uit Carina se kombuis:
Klik gerus op “Home” en ontdek die groot verskeidenheid gratis artikels en potgooie op dié webwerf oor inniger liefdesverhoudings, ouerskapkwessies wat pla, beter emosionele gesondheid en hoe om verskeie uitdagings aan te pak - of gebruik die Soekfunksie (soek in Engels of Afrikaans).
Kontakbesonderhede
Carina van der Walt is ‘n digter, resensent en kunskritikus van Tilburg, Nederland, met ‘n meestersgraad in die letterkunde. Sy is in Suid-Afrika gebore en woon die afgelope 15 jaar in Nederland.
Webblad: https://www.carinavanderwalt.com/online/
E-posadres: carina.vanderwalt@gmail.com
Faceboekblad: Carina Van Der Walt
LinkedIn: Carina van der Walt
Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van Carina van der Walt en ander foto’s: verskaf