Kan die positiewe sielkunde jou lewenskwaliteit verhoog?

Wat is die positiewe sielkunde, en watter voordeel kan jy daaruit trek? Dr. Wilmien Human, kliniese sielkundige en senior dosent, praat oor praktiese maniere om algaande gelukkiger te leef. Navorsingsresultate wys dat hulpmiddels soos ‘n dankbaarheidsjoernaal op die lang duur stres kan verminder en ons fisieke gesondheid, immuunstelsel, verhoudings en vlak van tevredenheid ‘n hupstoot kan gee.

Dr. Wilmien Human

Dr. Wilmien Human

Wilmien gesels met Mariette oor

  • die fokus van die positiewe sielkunde

  • die twee soorte geluk waarvan ons moet weet

  • die rol van hoop in ‘n gelukkiger bestaan

  • hoe refleksie ons kan help om sekere patrone te eien en te besef wanneer ons steun nodig het

  • wat vir ons elkeen “lewe gee”

  • praktiese maniere om ‘n dankbaarheidsleefstyl te kweek.

Wilmien gesels openhartig oor die ideaal om ‘n supervrou te wees.

Luister na Wilmien se raad oor wat ons kan doen as alles te veel word en depressie of uitbranding intree.

Lees hoe Wilmien ma-wees ervaar, veral tydens die Covid-pandemie, en hoe sy haar werk beleef.

Kontakdetail:

Dr. Wilmien Human, kliniese sielkundige met ‘n privaatpraktyk in Paarl en senior dosent aan die Universiteit van die Wes-Kaap: wilmienvs@gmail.com

Gratis SADAG-hulplyn: 0800 21 22 23, 0800 456 789 of besoek www.sadag.org


Hierdie episode is voor die Covid-19-pandemie opgeneem vir rrRADIO, die podsendingsplatform van rooi rose.

Musiek: Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Pexels

Foto van dr. Wilmien Human: verskaf

Previous
Previous

Só kan jy in moeilike omstandighede floreer

Next
Next

Why kindness can boost your health and happiness