Die trauma van knievervangings, ‘n heupvervanging en gordelroos
Het jy al met ‘n knievervanging, heupvervanging of gordelroos te doen gekry? Vermaaklikheidsjoernalis Martjie Roos deel haar pad hiermee: die fisieke en emosionele uitdagings, erge pyn, inperking van haar daaglikse funksionering, onafhanklikheid en selfvertroue - maar ook hoe haar geloof en die liefde van vriende en familie haar dra.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Martjie en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en daarna te luister wanneer dit jou pas.
In episode 92 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat Martjie oor
haar loopbaan van 40 jaar in die vermaaklikheidswêreld
hoekom sy ‘n regterknievervanging moes kry en waarom dit uitgestel moes word
haar ervaring in die hospitaal en hoe sy reggekom het nadat sy ontslaan is
die hik in die herstelproses ná haar linkerknievervanging
waarom sy ‘n heupvervanging moes kry
watter alledaagse aktiwiteite skielik soos ‘n triomf voel
haar uiters pynlike pad met gordelroos (herpes zoster), wat oorgegaan het in Post Herpetic Neuralgia
hoe sy moes leer om haar trots in haar sak te steek
die engele in haar lewe
die kwessie van vertroue in jou dokter
wenke vir mense wat ‘n knie- of heupvervanging of gordelroos beleef
wenke vir pasiënte se nabymense
Martjie se 3 wenke oor die lewe.
In dié hoofstuk noem Martjie die boek Help, ek kan nie meer nie: 50 dagstukke vir vroue met stres geskryf deur Nina Smit (Christelike Uitgewersmaatskappy, 1995), Joh. 11:14 en 2 Kor. 12:1.
Lees wat Martjie oor die ink in haar are, verre lande, bek-en-klouseer en skeppingsvreugde te sê het.
Klik gerus op “Home” hierbo en ontdek die groot verskeidenheid gratis artikels en potgooie oor inniger liefdesverhoudings, ouerskapkwessies wat pla, beter emosionele gesondheid en hoe om verskeie uitdagings aan te pak - of gebruik die Soekfunksie (soek in Engels of Afrikaans).
Kontakbesonderhede
Martjie Roos is ‘n vermaaklikheidsjoernalis van Johannesburg met wye ervaring van publisiteit, skakelwerk en bemarking. Sy vryskut vir onder meer rooi rose, LiG en TVPlus.
Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Foto van krukke: Pexels
Foto’s van Martjie Roos: verskaf
Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.