Johan Allers: stories & prentjies, ouer word en ‘die saligmaker’

Nuusman Johan Allers gesels oor jeugdige naïwiteit, die Groot Storie waaraan hy soveel lewensenergie gewy het, sy werk in 54 lande en die ervaring van “inmekaarstort, uitbrand en byna selfvernietig.” Hy praat oor die skok van ouer word en die fragiliteit van menswees - en wat dit beteken om saggies te loop.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Johab en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 183 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels uitsaaijoernalis Johan Allers oor

  • wat agter Johan se liefde vir “stories vertel” skuil

  • hoekom hy in die jare tagtig sy loopbaan by die SAUK opgesê het om na Europa te emigreer

  • wat Johan aanvanklik alles gedoen het om finansieel in die vreemde te kon oorleef

  • die 15 jaar waartydens Johan in 54 lande gewerk het

  • die “Groot Storie” waaraan Johan soveel tyd en lewensenergie gewy het

  • Johan se ervaring van “inmekaarstort, uitbrand en byna selfvernietig”

  • wat by die psigiater gebeur het

  • angsaanvalle, self-isolasie, praat en herstel

  • die betekenis van “saggies loop”

  • ouer word, aftrede en “bomskok”

  • spesifieke vrese wat ouer word wek

  • die “saligmaker”

  • die mooiste omtrent oudword.

In hierdie episode noem Johan die boek Emotional Intelligence deur Daniel Goleman.

Nota vir katliefhebbers: die kat wat in die agtergrond saamgesels, se naam is Josephine.

Rol af vir meer inligting oor Johan.

Lees ook ‘n persoonlike artikel waar Johan skryf oor ‘n ma wat kinderkoppies streel, wie minder lieg, en verwondering.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Hoe ‘n menigte mense Johan onthou (foto verskaf)

Meer oor Johan

Johan Allers is ‘n radio- en TV-joernalis, TV-programmaker, skrywer en podsendingsvervaardiger wat veral oor nuus en aktualiteitsgebeure berig, maar hom nie slegs daarop toespits nie. Talle Suid-Afrikaners onthou hom as die SAUK/SABC se buitelandse korrespondent, “ons man in die buiteland.” Johan is afgetree en woon in Amsterdam, Nederland.

YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/@JohanAllers

Besoek Alles Afrikaans op Facebook vir (onder meer) voorlesings deur Johan.

Kyk gerus na Johan se YouTube-onderhoud met Mariette: ‘Maak jou eie potgooi en meer met Mariette Snyman’

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Unsplash

Foto’s van Johan Allers: verskaf

Previous
Previous

Silenced by depression, anxiety or trauma: the power of your voice

Next
Next

Het nuuskierige kinders ‘n voorsprong?