Amore Bekker: engele, liefdesverhoudings en ouer word

Watter rol speel die onsienlike in ons lewe? Raakprater Amore Bekker verduidelik hoe energie ons gesondheid, romantiese verhoudings en ouer word beïnvloed. Sy brei uit oor rigtingwysers op ons pad, respek, genot en lyfstraf, stel haar jongste boek bekend, en verduidelik hoe sy haar beskermengel “inkatrol”.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Amore en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 165 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels raakprater en skrywer Amore Bekker oor

  • hoekom sy ná 10 jaar in kommersiële radio en 20 jaar by RSG uitgetree het

  • tekens op die lewenspad wat rigting aandui

  • traumatiese gebeure wat vroue tipies in hul mid-veertigs tref

  • waar om vreugde te vind en die 3 dinge waartoe durende vreugde lei

  • die rol van energie en “eie keuse” in ons lewe

  • die verband tussen wat jy uitsit en wat jy terugkry

  • engele as ‘n hoër vorm van energie

  • Lorna Byrne se siening van beskermengele

  • hoe Amore die meeste van haar gesondheid maak

  • die verband tussen emosies en siektetoestande

  • wat nodig is om ‘n liefdesverhouding te laat werk

  • die “groot pyn in die huwelik”

  • Amore se 3 wenke oor hoe ons instink werk.

In dié episode noem Amore die fliek What the bleep do we know!?, Lorna Byrne se boek Angels in my hair en The body keeps the score: brain, mind, and body in the healing of trauma geskryf deur dr. Bessel van der Kolk.

Rol af vir meer inligting oor Amore en haar boek “Ek het ‘n engel gesien”.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Meer oor Amore:

Amore Bekker, raakprater en skrywer van Johannesburg, het meer as 30 jaar se ervaring as radio-omroeper en het verskeie boeke die lig laat sien. Sy is beskikbaar vir onder meer optredes en stemwerk.  

Webwerf: https://amorebekker.co.za/

Facebook: Amore Bekker

voorblad-van-ek-het-n-engel-gesien

“Ek het ‘n engel gesien” (Naledi, 2023) is by Exclusive books, CNA, onafhanklike boekwinkels en aanlyn op Amazon beskikbaar.

Also listen to angel whisperer Belinda Bras-Nel on how her uphill battle, including a suicide attempt, led to a dramatic event - and self-acceptance.

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Unsplash

Ander foto’s: verskaf

Previous
Previous

Navigating prostate cancer: what I’ve learnt

Next
Next

Prof. Elain Vlok: secrets of successful community service