Mariette Snyman

View Original

Wabi-Sabi en hoe om ’n pandemie emosioneel te oorleef

Tydens grendeltyd het die digter Carina van der Walt, ver van haar land en mense, die “skoonheid van verval” ontdek. Dié manier van kyk, vergestalt in die Japannese lewenshouding Wabi-Sabi, het haar aangespoor om foto’s te neem van die eenvoudige gawes van haar tuin en kombuis en om dit vars te interpreteer. Carina deel haar insigte én vertel van ’n tweede liefde, tuine, blomsimboliek, en die betekenis van kruie en vrugte wat in ’n bak op ’n kombuistafel verdroog. Inhoud geborg.

Carina van der Walt

See this content in the original post

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Carina en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 63 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels Carina oor

  • die twee groot krisistye in haar lewe

  • weduwee-wees, enkelouerskap en die ontvouing van ’n nuwe liefde met die verskyning van ‘n krulkopman

  • ’n definisie van die ontwykende Japannese lewenshouding, Wabi-Sabi

  • die verband tussen die “skoonheid van verval” en die eensaamheid eie aan die pandemie

  • hoe die spirituele identiteit van jongmense vandag van dié van die ouer geslag verskil

  • die simboliek van die tuine in Carina se lewe - ook Keukenhof, die “tuin van ontmoeting”

  • wat sy in grendeltyd geleer het uit waarnemings van drie soorte blomme: die malva, pioenroos en rododenron

  • hoe die grense van ’n kombuis na die heelal kan verskuif: die dieper betekenis van ’n stukkie gemmer wat uitloop, ’n ingedroogte rooi rissie en ’n verskrompelde lemmetjie

  • prettige verskille tussen Afrikaanse en Nederlandse benamings

  • hoe die vind en deel van onwaarskynlike skoonheid ons emosioneel kan help oorleef.

 In dié episode noem Carina Wabi-Sabi for Artists, Designers, Poets & Philosophers deur Leonard Koren.

Foto’s wat met die potgooi verband hou:

Gawes uit Carina se tuin

Gawes uit Carina se kombuis:



Stilspraak, Strijdom van der Merwe en Landkuns deur Carina van der Walt (2020, African Sun Media) is beskikbaar by orders@africansunmedia.co.za
Google books: https://bit.ly/2ID1QHd
Takealot: https://bit.ly/2T555ZJ

Die digbundel Landluisteraar (2021, Naledi) is 'n literêre verlengstuk van die kunsboek Stilspraak, Strijdom van der Merwe en Landkuns, want die meeste van die gedigte handel oor spesifieke landkunswerke van Strijdom van der Merwe.

Dit kan digitaal bestel word by
https://naledi.co.za/product-category/poesie/
of bel Tertia Swart: 078 648 8616.


Klik gerus op “Home” en ontdek die groot verskeidenheid gratis artikels en potgooie op dié webwerf oor inniger liefdesverhoudings, ouerskapkwessies wat pla, beter emosionele gesondheid en hoe om verskeie uitdagings aan te pak - of gebruik die Soekfunksie (soek in Engels of Afrikaans).


Kontakbesonderhede

Carina van der Walt is ‘n digter, resensent en kunskritikus van Tilburg, Nederland, met ‘n meestersgraad in die letterkunde. Sy is in Suid-Afrika gebore en woon die afgelope 15 jaar in Nederland.

Webblad: https://www.carinavanderwalt.com/online/

E-posadres: carina.vanderwalt@gmail.com

Faceboekblad: Carina Van Der Walt

LinkedIn: Carina van der Walt

 

Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.

Musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Unsplash

Foto van Carina van der Walt en ander foto’s: verskaf