Mariette Snyman

View Original

Verstaan depressie: het jou geliefde die siekte van ons tyd?

Maatskaplike werker Annette de la Porte het nie net werkservaring van depressie nie, maar het 34 jaar met depressie in die huis saamgeleef. As jy oor iemand besorg is en self swaarkry, is Annette se verduideliking van wat in die brein gebeur, die simptome en die behandeling van depressie inssiggewend. Sy gee praktiese raad oor die emosionele en ander gevolge vir die persoon met depressie sowel as vir die huismense, en hoe om dit te hanteer.    

Annette de la Porte

Your browser doesn't support HTML5 audio

Wat om te doen as jou geliefde depressie het

Annette se predikantman, André, is kort ná die opname van hierdie gesprek op 30 Mei 2020 oorlede.


In die gesprek gesels Annette oor die volgende:

  • haar lang pad met depressie wat haar man, André, haar dogter én skoonma ingesluit het  

  • dat “kopsiektes” soos depressie net sulke werklike toestande is as “lyfsiektes” soos kanker

  • om in jou geliefde se oë te kyk en te voel niemand is tuis nie

  • hoe om met jou geliefde met depressie te kommunikeer, en wat om nié te sê nie

  • hoeveel verantwoordelikheid jy vir jou geliefde (moet) dra

  • hoe om veroordeling deur die kerk en samelewing te benader

  • haar werk as Emosionele Logika-afrigter.

Annette clarifies Emotional Logic, a tool to help us understand our emotions, enabling us to process our pain.

Here Annette honours her beloved André and shares how she has been coping with his self-death.

Annette writes about being an adventurer at heart, travelling with live chickens, tadpoles, love, and loss.

Kontakbesonderhede:

Annette de la Porte is ‘n maatskaplike werker, Emosionele Logika-afrigter, motiveringspreker en skrywer van die Weskus. Sy doen van haar opleidingswerk en berading oor Zoom.

E-pos: annette@growwithannette.co.za

Tel: 083 794 3537

Webwerf: https://growwithannette.co.za/

Meer oor Annette se boek, Hold onto Him, by https://growwithannette.co.za/hold-onto-him/

Gratis SADAG-hulplyn: 0800 21 22 23, 0800 456 789 of besoek www.sadag.org


Let wel: Hierdie podsending is vervaardig vir rrRADIO, die podsendingskanaal van rooi rose.

Musiek deur Mart-Marie Snyman.


Hooffoto: Unsplash

Foto van Annette de la Porte: verskaf