Mariette Snyman

View Original

Raad vir ouers wat hoor hul kind is gay: hoe nou verder?

Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor die hantering van ‘n kind wat uit die kas kom, skok en skaamte, wanpersepsies rakende gay-wees, en die vrees vir verwerping en seksueel oordraagbare siektes. Sy gee raad - ook vir ouers wat ‘n geloofstryd beleef - en omlyn 7 stappe na die uiteindelike aanvaarding van ‘n kind se seksuele oriëntasie.

Sensitiewe inhoud: bespreking van onder meer seksuele oriëntasie. Dié gesprek is vir volwassenes bedoel.

Dr. Marietjie van Loggerenberg

See this content in the original post

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Marietjie en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas. Gebruik gerus oorfone wanneer jy luister.

In episode 49 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful praat Marietjie oor

  • die eerste ding om te doen wanneer ‘n kind sy of haar seksuele oriëntasie bekendmaak

  • intense emosies: skok, ontkenning, skaamte, vrese, woede, rou en moontlike huwelikspanning

  • wanpersepsies oor gay-wees waarvan ouers moet weet

  • wanneer die ouers van ‘n gay kind verwerping deur vriende, familie of die gemeenskap ervaar

  • perspektief vir gelowige ouers, onder meer oor die sewe “gay tekste”

  • die sensitiewe kwessie van kleinkinders

  • gesprekke met ‘n gay of lesbiese kind oor verantwoordelike optrede en seksueel oordraagbare siektes

  • wanneer ‘n gay kind ‘n geliefde huis toe bring

  • ‘n stap-vir-stap proses wat ouers kan help om hul kind se seksuele oriëntasie te aanvaar

  • hulpbronne vir ouers

  • Marietjie se drie beste wenke oor ‘n suurlemoenboom.

Ontmoet Marietjie. Lees oor die pastorale terapeut, dosent en méns agter die kampvegter.

 

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Marietjie bespreek 12 vrae wat die ouers van ‘n gay kind dikwels vra.

Marietjie praat deernisvol oor die pad van genesing wat elkeen wat seksuele molestering ervaar het, kan stap.

Kontakdetail:

Dr. Marietjie van Loggerenberg is ‘n pastorale narratiewe terapeut en dosent met ‘n privaatpraktyk in Pretoria: 082 324 3726 of marietjie.vl.za@gmail.com

Marietjie is die samesteller van “GayGelowig: ingesluit in die gesprek” en “Gaygelowig 2: ouers en lewensmaats vertel”, uitgegee deur Bybelmedia. Whatsapp Marietjie op 082 324 3726 vir bestellings.

In die gesprek noem Marietjie die organisasie Out: https://out.org.za/

Hoe maak ouers vrede met hul gay kind seksuele oriëntasie? Marietjie gee wenke vir die pad.

Marietjie belig die 4 fasette wat seksuele identiteit behels en praat oor bewusmaking en in- of uitsluiting.


Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.


Marietjie gesels oor hulp vir ouers wat gekonfronteer word met hul kind se gay of lesbiese identiteit.

Hooffoto: Pexels

Foto van Dr. Marietjie van Loggerenberg: verskaf


Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.

Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), die gratis AKESO hulplyn by 086 143 5787 bel (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.