Mariette Snyman

View Original

Neem jou eie potgooi op met Mariette

Al ooit daaraan gedink om iemand ná aan jou hart te verras met ‘n onverwagse geskenk? Luister gerus na die voorbeeld hieronder.

Mariette sê:

“Ons vinnige lewenstempo laat min ruimte om tot stilstand te kom en ons liefde, ons dankbaarheid, ons wysheid, goeie herinneringe of ons opregte wense spesiaal vir een of meer van ons nabymense vas te vang en met hulle te deel.

“Dit het my op die idee gebring om ‘n diens te verskaf waar ek rustig ‘n onderhoud met iemand voer en hom of haar begelei om betekenisvolle gedagtes te deel, byvoorbeeld:

  • liefde, waardering, herinneringe en dalk toekomsdrome met ‘n lewensmaat

  • jeugherinneringe met broers en susters, vriende, kleinkinders of peetkinders

  • 'n opname waarin jy gesels oor iemand wat reeds oorlede is, sodat ander dié persoon sal onthou

  • die lewensuitdagings wat jy oorkom het, as aansporing vir ander

  • ‘n keerpunt in jou lewe wat jy met ander wil deel

  • kosbare reisherinneringe

  • jou sienswyse van ouerskap, ouer word, of ander uitdagings en geleenthede

  • ‘n kykie op jou nalatenskap, wat kan strek van jou lewenswysheid, sakesin, wenke vir kook, bak of houtwerk tot by hoe om geliefdes (klein of groot!) te koester

  • ‘n oorsig oor jou loopbaan of die onderneming wat jy tot stand gebring het - die gespreksmoontlikhede is eindeloos.

“So ‘n opname kan 'n verjaardag-, herdenkings- of Kersgeskenk wees, 'n groet van kontinent tot kontinent, of jou nalatenskap aan die geslagte wat kom … en oor en oor gespeel word.”

Vinnige feite oor ‘n geskenkopname of gift podcast:

“Ek bestuur die proses van begin tot einde om dit makliker te maak.

  • Ná ‘n kenmekaar Whatsapp- of Zoom-onmoeting - wat jou onder geen verpligting plaas nie - stel ek ‘n raamwerk met vrae op.

  • As jy tevrede is met die vrae, bepaal ons ‘n datum en neem dit op met ‘n Whatsapp-oproep: slegs oudio, geen video nie.

  • Ek redigeer die opname met sorg, sny enige foutjies uit, en stuur dit vir jou as ‘n MP3 wat jy maklik met ander kan deel.

  • Die potgooi is jou privaat eiendom wat nêrens anders gepubliseer word nie.”

Meer inligting:

Gaan gerus na Gift podcasts en rol af na die afdeling in Afrikaans vir besonderhede oor die tydlyn, koste, moontlike onderwerpe en ander inligting.

In hierdie voorbeeld van ‘n nalatenskap-opname deel Rina haar wysheid:

Your browser doesn't support HTML5 audio

NALATENSKAP MET RINA

Die opname word met Rina se vriendelike vergunning as voorbeeld gebruik. Klik net op die pyltjie om te luister.

“Onthou, die krag van ‘n gift podcast lê juis daarin dat elkeen se aanslag, onderwerpkeuse, stem, sin vir humor en wat hulle sê eie is aan daardie persoon. Dis daardie uniekheid waarna ons verlang waneer iemand ver is.

“As die gedagte aan so ‘n geskenk-opname jou opgewonde maak, stuur gerus ‘n e-pos na mariettesny@mweb.co.za - ek hoor graag van jou!”