Mariette Snyman

View Original

Hoe jy jou voorskoolse en laerskoolkinders tuis besig kan hou

Hoe kan jy jou kind se kreatiwiteit en vaardighede speel-speel ontwikkel? Opvoedkundige sielkundige Anys Rossouw gee wenke oor slim maniere om struktuur te skep en fisieke speletjies, fantasiespel, konstruktiewe spel en sosiale spel tot jou jong kind se voordeel in te span.

See this content in the original post

Anys Rossouw

Your browser doesn't support HTML5 audio

Help jou jong kind ontwikkel terwyl julle pret het!


Dié podsending is tydens inperking of lockdown opgeneem, maar Anys se praktiese wenke maak ouers se lewe steeds makliker.

In die gesprek verduidelik Anys die volgende:

  • Wat navorsers vasgestel het oor die verband tussen studente se sukses op universiteit en gesinne wat saam aan tafel eet

  • Die verrassende effek op kleuters in ‘n kleuterskool toe hulle speelgoed weggeneem is

  • Wat die oorsaak is wanneer ‘n kind alles tuis regkry, maar nie by die skool nie.

    Leer Anys van nader ken - as sielkundige, as ouma, en as rugsakreisiger.

    Hier is Anys se wenke oor beter kommunikasie en konflikhantering in liefdesverhoudings

    Kontakdetail:

    Anys Rossouw is ‘n opvoedkundige sielkundige met ‘n privaatpraktyk in Pretoria: tel. 012 460 7366 of anys@anys.co.za


    Let wel: Dié podsending is oorspronklik uitgesaai op rrRADIO, die voormalige podsendingskanaal van rooi rose.

    Musiek deur Mart-Marie Snyman

    Hooffoto: Unsplash

    Foto van Anys Rossouw: verskaf