Hoekom ‘n seun moet voel hy’t ‘n pa
Meer as 60% van die kinders in Suid-Afrika word sonder ‘n pa groot. Dan is daar seuns met pa’s wat fisiek teenwoordig is, maar op ander vlakke afwesig. In sy boek Seuns sonder pa’s ondersoek joernalis Julian Jansen die oorsake en gevolge van hierdie diep verwonding en vertel hy die verhaal van sy eie pa: die held, maar ook die skurk van hulle gesin. Julian gesels met Mariette Snyman oor sy boek, nuwe navorsing oor vaderloosheid, en praktiese en geestelike oplossings vir hierdie vraagstuk.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Julian en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 8 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat Julian oor
wat ‘n seun van ‘n pa of vaderfiguur nodig het
die verskillende vorms wat verwerping kan aanneem
wat mentors - van familielede tot sportafrigters - vir ‘n seun kan beteken
seuns, die kwessie van “gevaarlik leef” en wilderniservarings
hoekom sommige seuns by bendes aansluit
praktiese wenke vir mans wat voel hul pa het hulle in die steek gelaat
wat enkelma’s moet onthou
Julian se drie beste wenke oor hoe om die beste leeromgewing vir jou seun te help skep.
Hier skryf Julian hoekom seuns - én volwasse mans - behoefte het aan ‘n gerusstellende manlike teenwoordigheid.
Klik gerus op “Home” en ontdek die groot verskeidenheid gratis artikels en potgooie oor inniger liefdesverhoudings, ouerskapkwessies wat pla, beter emosionele gesondheid en hoe om verskeie uitdagings aan te pak - of gebruik die Soekfunksie (soek in Engels of Afrikaans).
Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.
Beskikbaar by https://www.nb.co.za/af/luxverbi
Lees ook hoe ‘n mentorskaporganisasie met hul hoofkantoor in Gauteng seuns sonder betrokke pa’s benader.
Kontakbesonderhede
Julian Jansen is ‘n joernalis by Rapport, skrywer van Die De Zalze-moorde, oud-onderwyser en voormalige provinsiale woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid van die Strand.
Faceboekblad: https://www.facebook.com/seunssonderpas
Here are 3 reasons why being a dad may be hard.
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Foto: Unsplash. ‘n Model is gebruik
Foto van Julian Jansen: verskaf
Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.
Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.