Mariette Snyman

View Original

Hoe mans en vroue se rouproses na ‘n geliefde se dood verskil

Elke mens treur anders. Ds. Braam Klopper, pastorale terapeut en rouspesialis, verduidelik hoe die manier waarop iemand sterf en ander faktore ons hantering van smart beïnvloed. Ons moet ook verstaan dat mans en vroue droefheid verskillend verwerk. Begrip vir uiteenlopende roupatrone, sienings van lojaliteit en benaderings tot intimiteit maak dit makliker om mekaar te ondersteun.  


Ds. Braam Klopper

Your browser doesn't support HTML5 audio

Só rou individue verskillend, en mans anders as vroue


Braam verduidelik

  • hoekom ons onseker voel oor die dood

  • wat normaal is wanneer iemand rou

  • wat die rouproses beïnvloed: ons verwantskap en verhouding met iemand wat dood is, hoe hulle gesterf het, ons persoonlikheid en ons geslag

  • 2 maniere waarop mans en vroue verskillend rou

  • die kwessie van lojaliteit en skuldgevoelens

  • hoe ‘n paartjie kan kommunikeer om misverstande uit die weg te ruim

  • ‘n paartjie se fisieke verhouding gedurende die routydperk.

     

Lees ook dr. Micki Pistorius se fassinerende insigte in die artikel “Wat jy van mans moet weet”.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

You can also listen to Rafiq Lockhat who explains the grieving process, complicated grief, en how BWRT can relieve excruciating emotional pain.

Hier verduidelik Braam hoe jy iemand wat skei of wil skei, kan bystaan.

Kontakdetail

Braam Klopper is predikant by die NG Kerk Kempton Park Oos. Hy het ‘n meestersgraad in Pastorale Terapie en bied rouberading, praatjies oor hoe om mense by te staan wat rou, en volledige rouseminare vir predikante, dokters, mediese personeel, maatskaplike werkers, vrywilligers, ens.

Braam se reeks gespreks-CD’s vir mense wat nie by ’n berader kan of wil uitkom nie, is hier beskikbaar:

  • Gesprekke oor Rou - Praktiese raad vir mense wat treur

  • Gesprekke oor Rou - Ná die dood van ’n kind

  • Gesprekke oor Rou- Ná ’n miskraam of stilgeboorte

  • Gesprekke oor Rou - Ná selfdood

  • Conversations on Grief - Practical advice for people who are mourning

  • Conversations on Grief - After the death of a child

Braam is die outeur van die boek Wanneer Woorde Ontbreek en mede-outeur van die boek Leeg wat oor swangerskapsverliese handel, albei uitgegee deur Lux Verbi.

Tel. 082 574 3530 of 011 979 1415

E-posadres info@braamklopper.co.za

Webwerf http://www.braamklopper.co.za/

 

Let wel: Hierdie gesprek is oorspronklik opgeneem vir rrRADIO, die podsendingskanaal van rooi rose.

Musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Pexels

Foto van ds. Braam Klopper: verskaf