Egskeiding: hoe om iemand wat skei te ondersteun
Die besluit om te skei, die egskeidingsproses en die aanpassing daarná is emosioneel uitmergelend en behels groot praktiese uitdagings. As jy iemand in hierdie situasie wil bystaan, moet jy dit oordeelkundig doen. Pastorale terapeut ds. Braam Klopper verduidelik hoe jy van hulp kan wees, wat om nié te doen nie en hoe om vertroulike inligting te hanteer. Hy gee ook raad oor die geloofsworsteling wat egskeiding kan meebring.
Your browser doesn't support HTML5 audio
In die gesprek gee Braam riglyne oor
hoe om sinvol te help wanneer iemand ná aan jou skei of wil skei
die fyn lyn tussen betrokkenheid en oorbetrokkenheid
presies hoe om te luister en te bemoedig
die kwessie van vertroulikheid
egskeiding en geloofsworsteling
hoe om prakties te help.
Luister ook na Braam se verduideliking oor hoe mans en vroue se rouproses na die dood van ‘n geliefde verskil
Discover why a couple who is getting divorced needn’t go to court.
Luister na ‘n sielkundige se wenke oor hoe om kommunikasie en konflik in ‘n liefdesverhouding te verbeter.
Kontakdetail
Braam Klopper is predikant by die NG Kerk Kempton Park Oos. Hy het ‘n meestersgraad in Pastorale Terapie en bied rouberading, praatjies oor hoe om mense by te staan wat rou, en volledige rouseminare vir predikante, dokters, mediese personeel, maatskaplike werkers, vrywilligers, ens.
Braam se reeks gespreks-CD’s vir mense wat nie by ’n berader kan of wil uitkom nie, is hier beskikbaar:
Gesprekke oor Rou - Praktiese raad vir mense wat treur
Gesprekke oor Rou - Ná die dood van ’n kind
Gesprekke oor Rou- Ná ’n miskraam of stilgeboorte
Gesprekke oor Rou - Ná selfdood
Conversations on Grief - Practical advice for people who are mourning
Conversations on Grief - After the death of a child
Braam is die outeur van die boek Wanneer Woorde Ontbreek en mede-outeur van die boek Leeg wat oor swangerskapsverliese handel, albei uitgegee deur Lux Verbi.
Tel. 082 574 3530 of 011 979 1415
E-posadres info@braamklopper.co.za
Webwerf http://www.braamklopper.co.za/
Hierdie gesprek is oorspronklik opgeneem vir rrRADIO, die podsendingskanaal van rooi rose.
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van ds. Braam Klopper: verskaf